Kragtige kouefront bring ook sneeu vir dele van Gauteng

Lees ook :

Foto: NDBV

’n Kragtige kouefront gaan die land Sondag bereik, waarna ’n laagdrukstelsel na verwagting van Maandag af sal ontwikkel. Die jongste voorspellings dui op aansienlike sneeu, swaar reën en baie koue toestande in dele van die land.

Volgens Vox Weather word koue, nat en winderige weer Sondag oor die suidelike dele van die land verwag. Swaar reën kan langs die Suidkus, die Tuinroete en groot dele van die Oos-Kaap voorkom. Sneeu word oor die hoë berge van die Wes-Kaap en Oos-Kaap verwag, met moontlik tot 10 cm in sommige hoërliggende gebiede.

Teen Maandag kan die reën verder oos uitbrei, met 15 tot 30 mm. wat moontlik binne 24 uur oor dele van KwaZulu-Natal, die Hoëveld en oostelike Vrystaat kan uitsak. Sneeu word onder meer vir die oostelike Vrystaat, dele van Mpumalanga se Hoëveld, Lesotho, die suidelike Drakensberg, die KwaZulu-Natalse Middellande en hoërliggende dele van die Oos-Kaap voorspel. Bergpasse en ander hoërliggende roetes kan weens sneeu en ys gevaarlik raak. Ligte sneeu is ook moontlik oor dele van suidoostelike Gauteng, onder meer Delmas, Nigel, Benoni en Vereeniging. Sneeu word nie tans vir Pretoria verwag nie.

Die voorspelling vir Dinsdag is nog onseker omdat die groot weermodelle van mekaar verskil. Verdere opdaterings sal volg namate die stelsel nader beweeg.

Die NDBV waarsku dat diere teen die koue beskerm moet word. Troeteldiere behoort binnenshuis gehou te word, terwyl plaasdiere toegang tot droë, warm en beskutte skuiling, ekstra beddegoed, water en voldoende voer moet hê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief