Man in hegtenis ná 7-jarige meisie se dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ’n 29-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die beweerde moord en verkragting van ’n 7-jarige meisie in Bultfontein. Die meisie se liggaam is deur haar 14-jarige tienersussie gevind toe sy ‘n hand onder die bed sien uitsteek het.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Sondag na ’n moordtoneel in die Phahameng- informele nedersetting ontbied, waar die kind se liggaam onder ’n bed in ’n plakkershut gevind is. Sy is deur paramedici dood verklaar. Die tiener het dadelik haar pa, wat in die hoofhuis was, daarvan in kennis gestel, waarna die polisie ontbied is.

Die verdagte is ná ’n voorlopige ondersoek op ’n nabygeleë plaas opgespoor en in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag in die Bultfontein-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief