R1,1 m. in skoenbokse versteek gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die polisie het meer as R1,1 miljoen kontant, wat in skoenbokse in ‘n Ford Raptor versteek was, tydens ’n ondersoek op die N3 naby die Tugela-plaza gevind. ’n 42-jarige man is in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê Gauteng Counter Intelligence Operations het inligting opgevolg dat ‘n verdagte vermoedelik dwelms vervoer. Skoenbokse met meer as R1,1 miljoen kontant is met ‘n deursoeking deur die polisie in die Raptor ontdek. Die man kon glo nie ’n aanvaarbare verduideliking vir die oorsprong van die geld gee nie, waarna die polisie ook die voertuig, ’n privaat gelisensieerde vuurwapen, ’n selfoon en ’n skootrekenaar vir verdere ondersoek gekonfiskeer het.

Die verdagte het glo tydens ondervraging probeer om die ondersoekbeampte om te koop. Nog twee verdagtes is tydens ’n lokval-operasie in hegtenis geneem. Hulle het glo probeer om polisiebeamptes met R200 000 om te koop. Die R200 000 is ook gekonfiskeer, terwyl die twee verdagtes se Volkswagen Amarok in beslag geneem is. Die ondersoek duur voort.

Al drie verdagtes staan tereg op onder meer aanklagte van geldwassery en korrupsie. Die 42-jarige verdagte sal na verwagting in die Ladysmith-landdroshof voorkom, terwyl die ander twee verdagtes reeds Vrydag in die Alexandra-landdroshof verskyn het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief