GAUTENG. – Die polisie ondersoek nou vier aanklagte van moord en een van poging tot moord nadat die dodetal in die skietery in Newclare gestyg het.
Kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, sê die skietery het Saterdagaand 15 Augustus plaasgevind.
Die aanvanklike ondersoek het drie mense, tussen 18 en 20 jaar, dood aangetref nadat hulle in ’n woonstel geskiet is. Twee ander slagoffers, onderskeidelik 18 en 23 jaar oud, is met skietwonde na ’n hospitaal vervoer.




