Ondersoek nadat uitskotdam by Dikwena-myn ingee

Lees ook :

NOORDWES. – Die departement van water en sanitasie ondersoek die gedeeltelike ineenstorting van ’n uitskotdam by Samancor se Dikwena Chrome-myn naby Brits.

Wisane Mavasa, woordvoerder van die departement, sê die noordelike wal van ’n kompartement het op 13 Augustus ingegee, waarna bykans al die gestoor­de slik vrygestel is. Niemand is beseer nie, maar skade is aan myninfrastruktuur, ’n spoorlyn en Eskom se kraglyne aangerig. ’n Waterloop is ook besoedel. Die slik is deur ’n spoorlynwal en walle by ’n nabygeleë myn gekeer om na die R566 te vloei.

Watermonsters is geneem en die uitslae word afgewag. Die myn is intussen gelas om die storting van uitskotmateriaal in sy uitskotdamme te staak, hangende die ondersoek.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief