MPUMALANGA. – Die polisie bied ’n beloning van R100 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van Phumulani Ezekiel Matsane. Hy word as Calcutta se mees gesoekte moordverdagte beskryf.
Kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê Matsane word verbind met die dood van twee mans wat op 15 Mei 2023 by ’n taverne in Marite, binne die Calcutta-polisiëringsgebied, doodgeskiet is. Die polisie kan hom ook nie in hierdie stadium uitsluit as verdagte in ander soortgelyke sake wat ondersoek word nie. Die publiek word gemaan om hom nie self te probeer aankeer nie, aangesien hy as gewapen en uiters gevaarlik beskou word.
Enigiemand met inligting oor waar Matsane hom bevind, word gevra om om speur.lt.kol. Madala Ndashe by 076 244 8577 of lt.kol. Freddy Magagula by 082 780 6815 te bel.





