Brekende Nuus
Afrikaans

Oranje vlak 9-waarskuwing uitgereik oor reën

Oranje vlak 9-waarskuwing uitgereik oor reën

fotokrediet: SAWD
Oranje vlak 9-waarskuwing uitgereik oor reën fotokrediet: SAWD

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n oranje vlak 9-waarskuwing vir erge reën en oorstromings vir Tsolo, Mthatha en Libode, en ’n oranje vlak 6-waarskuwing vir reën vir Stutterheim, Komga, Peddle, Fort Beaufort, Oos-Londen, Butterworth en Dutywa uitgereik.

Lees ook: Drie mense dood in brande terwyl kouefront land tref

Daar is ook ’n oranje vlak 5-waarskuwing vir swaar reën vir Joubertina, Gqeberha, Grahamstown en Ntanbankulu.

’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge sneeu is vir Stutterheim en Graaff-Reinet, en vir reën vir dele van die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap uitgereik.

Daar is erge wind en deinings in KwaZulu-Natal.

Bronne: SAWD

Lees ook: Drie mense dood in brande terwyl kouefront land tref