Brekende Nuus
Afrikaans

Dolly Parton stel vertonings uit weens gesondheidsprobleme

Dolly Parton stel vertonings uit weens gesondheidsprobleme

fotokrediet: X
Dolly Parton stel vertonings uit weens gesondheidsprobleme fotokrediet: X

VSA. – Die bekende sangeres Dolly Parton (79) het haar vertonings in Las Vegas met nege maande weens gesondheidsprobleme uitgestel.

Lees ook: Dolly Parton se man, Carl Dean, oorlede

Parton het in ‘n plasing op sosiale media gesê sy sal nie genoeg tyd hê om te oefen vir ses vertonings nie. Die vertonings sou in Desember plaasvind.

Parton het gesê sy het tyd nodig vir ‘n “paar prosedures” om “gesondheidsprobleme” te hanteer.

Sy het nie gesê wat haar gesondheidsprobleme behels nie.

Bronne: BBC, CBS News, CNN

Lees ook: Dolly Parton se man, Carl Dean, oorlede