Brekende Nuus
Afrikaans

DStv-aanbieder Mynie Steffens dood in helikopterongeluk buite Patensie

DSTV aanbieder, Mynie Steffens dood in helikopterongeluk buite Patensie

fotokrediet: X
DSTV aanbieder, Mynie Steffens dood in helikopterongeluk buite Patensie fotokrediet: X

OOS-KAAP. – Vlieënier, skrywer en aanbieder van ‘n DStv-kookprogram, Mynie Steffens (43) is gisteroggend in ‘n helikopterongeluk op ‘n plaas naby Patensie in die Oos-Kaap oorlede.

Lees ook: Vliegongeluk buite Patensie eis vlieënier

Steffens was besig met besproeingswerk toe die Robinson-helikopter waarin sy was kraglyne getref het en neergestort het.

Majola Nkholi, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk word ondersoek.

Steffens was die mede-aanbieder van Speel met Vuur op DSTV se Via-kanaal.

Bronne: IOL, Magic828, TV with Thinus

Lees ook: Vliegongeluk buite Patensie eis vlieënier