Brekende Nuus
Afrikaans

Oorstromings in Viëtnam eis 41 lewens

41 mense dood in oorstromings in Viëtnam

fotokrediet: X
41 mense dood in oorstromings in Viëtnam fotokrediet: X

VIЁTNAM. – Altesaam 41 mense is dood en nege is nog vermis ná drie dae van oorstromings in Sentraal-Viëtnam. Die kusstede Hoi An and Nha Trang is die ergste geraak in die jongste vlaag reën.

Lees ook: Rekordoorstromings in Viëtnam lei tot lewensverlies

Meer as 52 000 huise is oorstroom en 50 000 huishoudings en besighede sit sonder krag.

Owerhede het gesê die reënval in verskeie gebiede het 1.5 m oor die laaste drie dae verbygesteek en is selfs hoër as die 1993-rekord van 5.2 m in sommige gebiede. Duisende mense is ontruim en die weermag en polisie is gestuur om skuilings op te rig om mense na veiligheid te neem.

Owerhede het gewaarsku die swaar reën in Viëtnam gaan tot minstens Sondag voortduur.

Bronne: BBC, Daily Sun, The Star

Lees ook: Rekordoorstromings in Viëtnam lei tot lewensverlies