Brekende Nuus
Afrikaans

Verskeie webtuistes af deur massiewe internetonderbreking veroorsaak deur Cloudflare

Verskeie webtuistes af deur massiewe internetonderbreking veroorsaak deur Cloudflare

fotokrediet: Canva
Verskeie webtuistes af deur massiewe internetonderbreking veroorsaak deur Cloudflare fotokrediet: Canva

INTERNASIONAAL. – Verskeie webtuistes dwarsoor die wêreld het ophou werk weens ‘n onderbreking by Cloudflare.

Lees ook: Vermoedelike internetonderbreking tref weer

Webtuistes wat nie laai nie, sluit in dié van Netwerk24, Takealot, Downdetector, Mr Price Home, Canva, Substack, X, LinkedIn, BBC, Amazon Web, OpenAI en nog vele meer.

‘n “500 internet server error” boodskap is op verskeie webtuistes gelaai wat deur die onderbreking geraak is.

Dit volg minder as ‘n maand ná ‘n vorige onderbreking by Cloudflare ook webtuistes laat afgaan het. Cloudflare het gesê dit ondersoek die voorval.

Bronne: The Independent, Daily Mail, The Sun

Lees ook: Vermoedelike internetonderbreking tref weer