Brekende Nuus
Afrikaans

Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms uitgereik vir Oos-Kaap

Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms uitgereik vir Oos-Kaap

fotokrediet: SAWD
Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms uitgereik vir Oos-Kaap fotokrediet: SAWD

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms vir dele van die Oos-Kaap vir vandag uitgereik.

Lees ook: Tweede vlieënier in helikopterbotsing oorlede

Die weerdiens het gewaarsku oor oorstromings, skade aan infrastruktuur, onderbreking van noodsaaklike dienste, gevaarlike padomstandighede en verlies van landbouprodukte.

‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms is ook vir vandag vir dele van die Oos-Kaap uitgereik met ‘n waarskuwing oor oorstromings, skade aan infrastruktuur, onderbreking van elektrisiteit en kommunikasie en gevaarlike padomstandighede.

Mense word herinner om die weerdiens dop te hou vir enige verandering. Die weerdiens herinner die publiek om lopende water en laagliggende brûe te vermy.

Bron: SAWD

Lees ook: Tweede vlieënier in helikopterbotsing oorlede