Brekende Nuus
Afrikaans

Weeklikse Woensdag-resep: Flatervrye fudge

Hierdie maklike fudge-resep lewer 50 blokkies en is geskik vir enige geleentheid.

Weeklikse Woensdag-resep Flatervrye fudge Foto ter illustrasie: Food.com en Canva
Weeklikse Woensdag-resep Flatervrye fudge Foto ter illustrasie: Food.com en Canva

Hierdie maklike fudge-resep lewer 50 blokkies en is geskik vir enige geleentheid. Susan Mitchell het die resep in 1958 by ’n vriendin gekry.

BESTANDDELE:

385 g blik kondensmelk

1 kondensmelkblik water

45 ml (3 e) gouestroop

125 g botter of margarien

1,2 kg (6 k) suiker

45 ml (3 e) koekmeelblom

2 ml sout

2 ml kremetart

5 ml (1 t) vanieljegeursel

5 ml vanieljegeursel

METODE:

  1. Kook die kondensmelk, water, stroop en botter saam in ’n groot kastrol.
  • Meng die suiker, meel, sout en kremetart by die stroopmengsel.
  • Kook 20-30 minute stadig en roer af en toe.
  • Kook totdat die mengsel begin verdik en sagte borrels vorm.
  • Verwyder vanaf die hitte en voeg geursel by.
  • Laat effens afkoel en klop tot romerig.
  • Giet in ’n gesmeerde oondbak van ongeveer 20 cm x 32 cm. Sny in blokkies sodra dit begin stol.

Bron: Ons Kookboek – Susan Mitchell (Human & Rousseau)