Brekende Nuus
Afrikaans

Hoë vlakke van kanker-veroorsakende chemikalieë in akneerome gevind

Van die produkte bevat baie meer van die chemikalie as wat die veilige limiet is.

Hoë vlakke van kanker-veroorsakende chemikalieë in akneerome gevind
fotokrediet: Canva
Hoë vlakke van kanker-veroorsakende chemikalieë in akneerome gevind fotokrediet: Canva

Lees ook: Woolworths herroep grondboontjiebotterroomys

CONNECTICUT, VSA. – ’n Laboratorium in Amerika het gister bekendgemaak dit het “onaanvaarbare hoë vlakke” van ’n kanker-veroorsakende chemikalie in rome wat aknee behandel, gevind.

Die laboratorium, Valisure, het gesê die het “hoë vlakke” van bensoïelperoksied, afkomstig van bensien, in verskeie rome gevind wat aknee moet behandel.

Van die produkte bevat baie meer van die chemikalie as wat die veilige limiet is. Produkte met dié hoë vlakke kom in verskeie handelsmerke, insluitend Clinique en Clearasil, voor.

Valisure het ’n petisie begin om die FDA te vra om die produkte te herroep en ’n formele ondersoek te loods.

Bensien verdamp in die lug en is ‘een van die ‘n gevaarlikste chemikalie. As mens dit lank inasem of baie daarvan deur die vel absorbeer, kan selle in die liggaam negatief beïnvloed. Dit kan witbloedselle doodmaak en veroorsaak dat beenmurg nie genoeg rooibloedselle vervaardig nie.

Bronne: Daily Mail, Reuters, CNN

Lees ook: Woolworths herroep grondboontjiebotterroomys