Brekende Nuus
Afrikaans

Seismiese aktiwiteit naby Boksburg aangeteken

Inwoners van Boksburg, Benoni en Alberton was onder diegene wat heel waarskynlik die trillings kon voel.

Seismiese aktiwiteit naby Boksburg aangeteken. Foto: Volcano Discovery
Seismiese aktiwiteit naby Boksburg aangeteken. Foto: Volcano Discovery

BOKSBURG, GAUTENG. – ’n Aardskudding met ’n lesing van 2,4 op die Richerskaal is Donderdagaand om 19:44 naby Boksburg deur ses seismiese meters aangeteken.

Die skudding het op ’n diepte van 10 km ongeveer 21 km oos van Johannesburg plaasgevind. Die dorp naaste aan die episentrum is Boksburg. Inwoners het slegs swak skokgolwe ervaar.

Inwoners van Boksburg, Benoni en Alberton was onder diegene wat heel waarskynlik die trillings kon voel. Bronne: Greenstone Hill Community Forum, All Quakes, Volcano Discovery