Brekende Nuus
Afrikaans

2 uit 2 sover vir Blitzbokke in Singapoer

Twee uit twee vir Blitzbokke in Singapoer. Foto: SA Rugby
Twee uit twee vir Blitzbokke in Singapoer. Foto: SA Rugby

SINGAPOER. – Die Blitzbokke is deur na die kwarteindrondte van die Singapoer-seweskampioenskap nadat hulle oorwinnings oor Spanje en Samoa behaal het.

Hulle het met ’n oortuigende 31 punte teenoor 7 teen Spanje gewen. Die eindtelling teen Samoa was 15-10.

Selvyn Davids, Quewin Nortje en Shilton van Wyk het in die wedstryd teen Samoa drieë gedruk.Die Blitzbokke speel môreoggend om 8:24 teen Frankryk.

Bronne: Super Sport, SA Rugby, SA Rugby Mag