Brekende Nuus
Afrikaans

Boeing maak noodlanding na enjin aan die brand slaan

Boeing maak noodlanding na enjin aan die brand slaan

fotokrediet: Skermgreep
Boeing maak noodlanding na enjin aan die brand slaan fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Boeing kan krimineel aangekla word oor twee ongelukke

INDONESIЁ. – ’n Boeing 747-400 moes ’n noodlanding maak na een van die enjins tydens opstyg aan die brand geslaan het.

Die vlieëniers het dadelik die vliegtuig omgedraai en ’n noodlanding uitgevoer. Al 468 passasiers en bemanningslede kon ontruim en niemand is beseer nie.

Dit is die tweede voorval in ’n week met ’n Boeing wat aan die brand slaan. Nog ’n Boeing het verlede week aan die brand geslaan terwyl dit besig was om in Senegal op te styg. Altesaam 16 mense is in daardie voorval beseer.

Bronne: Krone, The Telegraph, Daily Beast

Lees ook: Boeing kan krimineel aangekla word oor twee ongelukke