Brekende Nuus
Afrikaans

Israel sê Suid-Afrika verdraai werklikheid in Internasionale Geregshof

Israel sê Suid-Afrika verdraai werklikheid in Internasionale Geregshof

fotokrediet: Canva
Israel sê Suid-Afrika verdraai werklikheid in Internasionale Geregshof fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel stel vandag sy saak in Internasionale Geregshof

DEN HAAG. – Israel het vandag in Den Haag beweer Suid-Afrika verdraai die werklikheid in hulle poging om die Internasionale Geregshof sover te kry om hulle te dwing om uit Rafah te onttrek.

Suid-Afrika het gister gesê die inval in Rafah is deel van Israel se plan om Gaza totaal te vernietig.

Israel het aangevoer hulle moet Rafah inval om die laaste teenwoordigheid van Hamas te vernietig en die gyselaars te red wat moontlik daar aangehou word.

Dit is die vierde keer wat Israel en Suid-Afrika in die Internasionale Geregshof teen mekaar te staan kom sedert die oorlog tussen Hamas en Israel uitgebreek het.

Bronne: BBC, Al Alarabiya, Wion News

Lees ook: Israel stel vandag sy saak in Internasionale Geregshof