Brekende Nuus
Afrikaans

Israel sê drie gyselaars se liggame gevind

Israel sê drie gyselaars se liggame gevind

fotokrediet: BBC
Israel sê drie gyselaars se liggame gevind fotokrediet: BBC

Lees ook: Israel sê Suid-Afrika verdraai werklikheid in Internasionale Geregshof

GAZA. – Die Israeliese weermag het gesê hulle het die liggame van drie gyselaars in Gaza gekry.

Shani Louk, Amit Buskila en Itzhak Gelerenter se liggame is in ‘n Hamas-tonnel gevind. Volgens die Israeliese weermag is hulle op 7 Oktober tydens Hamas se aanval naby die Nova-fees doodgemaak en hulle liggame na Gaza geneem.

Meer as 360 mense is by die fees doodgemaak. Altesaam 125 gyselaars is nog weg, met die ander wat vrygelaat of gered is. Dit is nie duidelik hoeveel van hulle nog lewe nie.

Bronne: BBC, Euronews, The Daily Telegraph

Lees ook: Israel sê Suid-Afrika verdraai werklikheid in Internasionale Geregshof