Brekende Nuus
Afrikaans

Man verantwoordelik vir Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei se dood, sterf

Man verantwoordelik vir Rebecca Cheptegei se dood sterf

fotokrediet: Wikipedia
Man verantwoordelik vir Rebecca Cheptegei se dood sterf fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei nadoods deur Parys vereer

KENIA. – Die man wat verantwoordelik was vir die dood van die Keniaanse Olimpiese atleet, Rebecca Cheptegei, is in die hospitaal aan sy wonde oorlede.

Cheptegei, wat aan die Paryse Olimpiese Spele deelgeneem het, is op 1 September met petrol aan die brand gesteek deur haar voormalige kêrel tydens ’n rusie oor grond.

Die man het ook ernstige brandwonde opgedoen tydens die aanval en het gister in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Bronne: The Independent, Evening Standard, TimesLIVE

Lees ook: Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei nadoods deur Parys vereer