Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei nadoods deur Parys vereer

Lees ook :

Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei nadoods deur Parys vereer
Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei nadoods deur Parys vereer fotokrediet: X

Lees ook: Olimpiese atleet dood na voormalige kêrel haar aan die brand steek

UGANDA. – Die burgemeester van Parys het gesê Rebecca Cheptegei gaan geëer word deur ‘n sportvenue na haar te vernoem. ‘n Beeld van die ontslape atleet is op ‘n reuseskerm aan die einde van die Paralimpiese Spele vertoon.

Cheptegei, wat verlede maand aan die vrouemarathon by die Paryse Olimpiese Spele deelgeneem het, is Donderdag in Kenia oorlede na haar voormalige kêrel haar Sondag buite haar huis ten aanskoue van haar kinders met petrol gegooi en aan die brand gesteek het.

Haar voormalige kerel, Dickson Marangach, is in die hospitaal met brandwonde.

‘n Begrafnis vir die Ugandese Olimpiese atleet sal op 14 September in Uganda plaasvind. Dit is die derde prominente Ugandese sportvrou wat sedert 2021 gewelddadig omgekom het.

Bronne: Super Sport, eNCA, X, Head Topics

Lees ook: Olimpiese atleet dood na voormalige kêrel haar aan die brand steek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief