NOORD-KAAP. – Die polisie in Kimberley doen ’n beroep op die publiek om te help met die ondersoek na die gewapende huisroof en aanval op ’n 80-jarige egpaar in Herlear.
AO Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, sê twee gewapende verdagtes met vermomming het die egpaar Sondag 9 Augustus omstreeks 08:00 by hulle woning met ’n vuurwapen gedreig en twee selfone en ’n sak met verskeie bank- en ander kaarte gesteel. Die man is tydens die rooftog met die vuurwapen aangerand en het ’n kopbesering opgedoen nadat hy met die agterkant van die magasyn geslaan is. ’n Skoot is ook deur die verdagtes in die huis geskiet voordat hulle te voet gevlug het.
Die Kimberley-eenheid vir ernstige en geweldsmisdade doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat tot die identifisering en inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, om speur.sers. Immanuel Jeffries by 082 302 0407 te bel.