Brekende Nuus
Afrikaans

Meisie naby Hermanus verkrag en vermoor, 600 buitelanders ontruim

’n Verdagte wat op 'n CCTV-kamera gesien is waar hy geloop het naby die plek waar die liggaam gevind is, is in hegtenis geneem, maar later vrygelaat.

600 ontruim in Hermanus na meisie se verkragting en moord
600 ontruim in Hermanus na meisie se verkragting en moord fotokrediet: Canva

’n Jong meisie se verminkte liggaam is Dinsdag in ’n plastieksak in Zwelihle naby Hermanus gevind. Sy is verkrag en vermoor.

’n Verdagte, ‘n Malawiese burger, wat op ‘n CCTV-kamera gesien is waar hy geloop het naby die plek waar die liggaam gevind is, is in hegtenis geneem, maar later vrygelaat.

Na die nuus van sy vrylating in Zwelihle versprei het, het inwoners sy besittings en huis aan die brand gesteek. Hulle het ook 600 ander buitelanders gedwing om hulle huise te verlaat. Hulle is ontruim vir hulle veiligheid.

Geen inhegtenisnemings is vir die moord of aanvalle gemaak nie en die polisie ondersoek nog die sake.

Bronne: IOL, Daily Voice, eNCA

Lees ook: Zoeloe-koning in hospitaal na moontlike vergiftiging