Brekende Nuus
English

Dickason – Deskundige vind geen gronde vir kranksinnigheid of kindermoord nie

Deskundige getuienis sê Dickason het die kinders sistematies gewurg, metodies vir tekens van lewe gekyk en hul daarna versmoor tot hul dood was.

Laura Dickason
Foto: Op lêer

Lauren Anne Dickason van Suid-Afrika se verhoor in die hooggeregshof in Christchurch in Nieu-Seeland het hierdie week voor regter Cameron Mander en ‘n jurie van agt vroue en vier mans voortgegaan. Die verhoor sal na verwagting nog ‘n week duur.

Dickason het erken dat sy haar dogters doogemaak het, maar het nie skuldig gepleit nie en haar op kranksinnigheid of kindermoord beroep. (In Nieu-Seeland is kindermoord – die doodmaak van ‘n kind onder 10 jaar – ‘n veel geringer oortreding as moord).

Die staat beweer Dickason het haar drie dogters op ‘n berekende manier “doodgemaak” omdat sy gefrustreerd, kwaad en gegrief was. Die staat erken Dickason het soms aan ernstige deperessie gely, maar hou vol dat sy geweet het wat sy doen.

Andrew McRae, staatsaanklaer, beweer Dickason was kwaad, ‘n gefrustreerde vrou wat gegrief was oor hoe die drie dogters in die pad van haar verhouding met haar man gestaan het. Die staat voer aan sy het hulle “metodies en doelgerig, miskien selfs klinies” vermoor. Hy het aan die jurie gesê kenners het vasgestel dat daar geen mediese verweer in die saak is nie en dat getuienis op moord sal dui.

Die verdediging sê Dickason ly aan nageboortedepressie en was erg geestelik versteurd en het nie besef dit is moreel verkeerd toe sy die kinders “doodgemaak” het nie. Sy het geglo sy doen die regte ding en het dit uit liefde gedoen.

Dr. Erik Monasterio, die eerste psigiatriese deskundige vir die staat, het getuienis gelewer. Hy sê daar is geen bewys dat Dickason psigose of delusies ervaar het toe sy na bewering haar drie dogters vermoor het nie.

Monasterio, ‘n konsultant forensiese psigiater met 30 jaar ondervinding, het vir ongeveer nege uur onderhoude met Dickason gevoer.

Hy hou vol alhoewel sy depressief was, sy nie aan die verweer van waansin voldoen nie. Daar is volgens hom ook geen basis vir die verweer van kindermoord nie. Hy sê Dickason se depressie het as tiener begin en nie as gevolg van swangerskap nie, sy het dus nie tydens die beweerde moorde aan nageboortelike depressie gely nie.

Monasterio het onthul wat Dickason in die ure voor die moorde gevoel het, soos wat sy aan hom vertel het.

Sy het gevoel sy faal as ma en dat die kinders vir Graham bo haar verkies het. Sy het haarself beskryf as ‘n veer wat stywer opgewen word en dat sy “iets gaan doen” en sy kon boonop nie sien hoe sy deur nog ‘n dag sou kom nie.

“All I wanted was some quiet… I want this to stop … I didn’t want to feel like a bad parent anymore.”

Monasterio het verder aan die hof voorgehou Dickason het onthou van die kabelbinders waarmee die kinders in SA gespeel het, wat haar laat dink het om hulle te wurg. Sy het die kabelbinders in die motorhuis gaan haal en het probeer om die meisies te verwurg, maar sy het hulle uiteindelik met ‘n handdoek versmoor.

Nadat die meisies dood was, het Dickason erg geruk en sy moes kalmeerpille neem. Sy het aan Monasterio gesê dat sy nie ‘n selfdoodmetode beplan het nie tot nadat sy haar dogters doodgemaak het. Sy het verskeie metodes probeer om haar lewe te beëindig. Sy het daarna in ‘n hospitaal wakker geword.

Volgens Dickason is dit die ergste wat sy nog in haar lewe gevoel het – depressief, moedeloos, hopeloos en pessismisties.

Monasterio voer aan sy het geen duidelike selfdoodplan gehad nie en ontken dat sy enige tekens van psigose getoon het. Hy noem dat hy baie versigtig en krities na alle inligting wat Dickason gegee het gekyk het vir enige teken van psigose.

“I have not found any evidence for that in my review of all of the information that’s been disclosed.”

Volgens Monasterio beskryf Dickason “bewustheid van haar aksies” tydens die beweerde moorde wat ongeveer 20 minute geneem het.

“She reported that once she set about harming the children, they had to die … she reported she had no clear plan on how she would commit suicide after killing the children although her intention was to die.”

Tydens hul vierde onderhoud het Dickason vir hom ‘n ander weergawe vertel.

Sy het gesê sy het besef sy het die misdade gepleeg om die kinders te beskerm. Sy kon hulle nie agterlaat nie, aangesien hulle te veel sou ly en dat sy baie baie siek was. Dickason sê sy was nog nooit so depressief nie.

Tydens hul finale onderhoud het Dickason steeds psigose ontken en gesê sy was gedurende vroeër onderhoude met Monasterio “in a muddle” en het eers kort vantevore verstaan waarom sy die meisies doodgemaak het.

Dickason het vir Montaserio toestemming gegee om met Graham Dickason te praat, wat aangedui het sy vrou was aan boord en aan stuur van sake om na Nieu-Seeland te emigreer. Daar was duidelikheid dat hul enige tyd hul planne kon laat vaar.

Graham Dickason het gesê hy weet dat sy vrou stres ondervind het oor die beknopte tydelike huis in Timaru en die onvoldoende huurmark, maar noem haar depressie “did not appear to be that severe.” Hy het gesê dit was met behulp van medikasie onder beheer. Hy het genoem dat sy in beheer was van beplanning om hul voete te vind.

Daar was vir Graham Dickason niks ongewoon aan sy vrou op die dag van die moorde nie.

Dr. Monasterio se formele bevinding is dat Dickason nie kranksinnig was nie en nie kindermoord gepleeg het nie.

Hy het die hof meegedeel dat hy ten minste 2 000 geestestoestandondersoeke voltooi het. Tydens die ondersoek met Dickason was sy betrokke en het toepaslik aan die onderhoud deelgeneem. Haar emosies was afgestomp en sy het gehuil, maar het heeltyd saamgewerk en gekonsentreer.

Monasterio het erkenning gegee aan Dickason se lewenslange stryd met perfeksionisme, angstigheid en herhalende depressie, maar ook dat sy kwesbare persoonlikheidseienskappe het. In aanloop tot die beweerde moorde het ongunstige voorvalle tot haar toenemende depressie en angs bygedra. Dit sluit in:

  • Inperking tydens Covid
  • Onrus en onveiligheid vir haar familie in SA
  • Verskeie uitdagings en vertragings met hul emigrasie na Nieu-Seeland
  • Twee van hul dogters het Covid opgedoen
  • ‘n Klein voet-operasie
  • Agteruitgang in die kinders se gedrag
  • Huwelikstres

“In my opinion, the defendant’s psychiatric diagnosis in the lead up to and at the time of the alleged offences is major depressive per recurrent with moderate to severe severity.

“There is no evidence that this current episode of depression has a pregnancy, postpartum or lactation cause.

“There was no clear evidence that the defendant experienced any symptoms of psychosis associated with this condition.”

Monasterio was inteendeel beïndruk met Dickason se kognitiewe buigsaamheid in die dae en ure voor die moorde.

Sy bevinding is dat Dickason aan herhalende depressiewe siekte en algemene angs gely het, maar dat die getuienis wys dat sy nie die wetlike drempel vir waansin bereik het nie. Hy gee toe dat woede en frustrasie met die kinders na bewering tot die beweerde misdade bygedra het. Sy het bewustheid van haar gedrag behou en kan haar dus nie op die verweer van waansin beroep nie.

“She systematically strangled the children and seemingly methodically checked for vital signs before resorting to smothering them until they were dead.”

Monaserio sê dis onwaarskynlik dat die misdade impulsief was en volgens hom was sy bewus en het sistematies opgetree. Daar was geen bewys dat sy outomaties opgetree het of dat sy nie die aard van haar optrede verstaan het nie.

Bronne: New Zealand Herald, 1News en RNZ