Lees ook: Zandile Mafe weer in die hof
WES-KAAP. – Zandile Mafe, die man beskuldig daarvan dat hy die parlementsgebou aan die brand gesteek het, het gister twee regters in die hof gedreig.
Hy het in ’n uitbarsting gesê hy het met mense in die hof gepraat om regter Nathan Erasmus, wat sy saak sal oordeel, dood te skiet.
Mafe was in die hof vir die ondersoek om te besluit of hy bevoeg is om verhoor te word. Hy is twee keer vir psigiatriese waarneming gestuur. Albei kere is bevind hy is onbevoeg om verhoor te word. Uit die assesserings is ook bevind hy het nie begrip dat sy beweerde aksies verkeerd was nie.
Mafe se prokureur staan die bevindings teë en sê daar is niks fout met Mafe nie, hy is gereed om verhoor te word.
Mafe sal vandag weer in die hof wees vir die ondersoek om voort te gaan.
Bronne: EWN, Polity, Daily Maverick
Lees ook: Zandile Mafe weer in die hof