Brekende Nuus
Afrikaans

Wêreld se tweede ontvanger van varkhart sterf

Die eerste pasiënt wat ’n varkhart ontvang het, David Bennett, is twee maande na sy operasie oorlede.

Untitled design - 2023-11-03T142155.775
Wêreld se tweede pasiënt wat varkhart ontvang het sterf fotokrediet: Canva

Lees ook: Pasiënt wat eerste varkhart kry, sterf na 2 maande

VSA. – Lawrence Faucette (58), die tweede persoon in die wêreld om ’n varkhart te ontvang, is byna ses weke na die oorplanting oorlede.

Faucette het in die middel van September die hart ontvang en is op 30 Oktober oorlede na sy liggaam die hart verwerp het. Faucette het ’n terminale hartsiekte gehad en kon nie ’n oorplanting van ‘n menslike hart kry nie.

Die eerste pasiënt wat ’n varkhart ontvang het, David Bennett, is twee maande na sy operasie oorlede.

Die navorsing om diereharte oor te plant wanneer menslike organe nie beskikbaar is nie, gaan voort.

Bronne: Euronews, Briefly, The Guardian

Lees ook: Pasiënt wat eerste varkhart kry, sterf na 2 maande