Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Web Ellis-trofee ondanks twee voorvalle steeds veilig

Ondanks twee voorvalle is die Web Ellis-trofee steeds veilig.

Web Ellis-trofee
Foto: SupaRugby

Ondanks ‘n inbraak by SA Rugby se kantore en ‘n opportunistiese grypdief tydens die trofeetoer in die Wes-Kaap, is die Web Ellis-trofee steeds veilig.

SupaRugby sê daar is Maandagaand by SA Rugby se kantore ingebreek.

Sekuriteitsvideo’s wys die booswigte was ‘n paar uur in die kantore. Slegs ou sakrekenaars en drank is gesteel. Die gesogte Web Ellis-trofee was veilig in ‘n kluis weggesluit.

‘n Video het die rondte gedoen waarin dit lyk asof iemand die trofee tydens die trofeetoer in die Wes-Kaap in ‘n onbevestigde voorval wou buit.

Bron: SupaRugby