Brekende Nuus
Afrikaans

Jong man sterf in koeëlreën

;'n Jong man het Sondagnag in 'n koeëlreën gesterf.

Jong man sterf in koeëlreën
Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man, vermoedelik in sy 20’s, en glo ‘n inwoner van Hambanathi, het Sondagnag in ‘n koeëlreën in Magwaveni, gesterf.

Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep is omstreeks 22:12 van ‘n inwoner van die area ontvang. Met aankoms op die toneel was die Tongaat-polisie reeds teenwoordig.

Die oorledene het met veelvuldige skietwonde langs die huis op die grond gelê, Daar is vasgestel die skietwonde is deur ‘n hoëkaliberwapen toegedien en die oorledene het gesterf nog voordat nooddienste kon opdaag.

Volgens omstanders het die oorledene sy oom besoek toe die ongelukkige voorval gebeur het.

Die motief van die moord wat vasgestel moet word, vorm deel van die polisie se ondersoek.

Bron: Reaction Unit South Africa.