Brekende Nuus
Nuus

Baba (4 maande) sterf by kleuterskool in Gqeberha

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – ’n Vier maande oue baba is Woensdag 26 Augustus by ’n kleuterskool in Newton Park dood aangetref.

Kapt. Sandra Janse Van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die Mount Road-polisie ondersoek ’n geregtelike doodsondersoek ná die baba se dood omstreeks 16:30. Volgens inligting wat aan die polisie verskaf is, is die baba omstreeks 11:30 gevoed en het sy omstreeks 12:15 gaan slaap. ’n Oppasser wat by die kleuterskool gehelp het, het die baba om en by 16:30 gaan versorg. Sy wou die baba se doek omruil en die kind voorberei om saam met haar ouers huis toe te gaan. Die baba is egter bewusteloos aangetref. Die oppasser het die skoolhoof in kennis gestel, waarna die baba later dood verklaar is.

Die polisie bevestig dat ’n nadoodse ondersoek getoon het die baba is weens ’n mediese toestand dood. Die ondersoek na die omstandighede van die voorval duur voort.