Brekende Nuus
Nuus

2 leerlinge in Alexandra doodgeskiet

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Twee leerlinge is Maandagaand 5 Oktober 2026 in Alexandra doodgeskiet. Die oorledenes is ’n graad 12-leerling van Hoërskool Minerva en ’n 17-jarige graad 9-leerling van Hoërskool Alexandra.

Lebogang Maile, Gautengse LUR vir onderwys, sport, kuns, kultuur en ontspanning, het sy medelye met die families en skoolgemeenskappe uitgespreek. Die Gautengse departement van onderwys het gesê voorlopige inligting dui daarop dat hulle in Alfred Nzostraat, oorkant Madala-hostel, geskiet is. Die omstandighede van die skietery, insluitend die motief en wat die voorval voorafgegaan het, word deur die polisie ondersoek. 

Maile het gesê die dood van leerlinge weens geweld is diep kommerwekkend en dat die beskerming van jongmense die betrokkenheid van die hele gemeenskap vereis. Hy het ’n beroep gedoen op enige persoon met inligting wat die ondersoek kan help of tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, om die Alexandra-polisie te kontak.

Die die betrokke skoolgemeenskappe sal deur die Gautengse departement van onderwys van die nodige psigososiale ondersteuning voorsien word.