Brekende Nuus
Nuus

Historiese ammunisie ter waarde van R7 m. op De Aar ontdek

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Munisipale werkers het op ongeveer 15 000 rondtes historiese ammunisie in Sunrise, De Aar, afgekom. Die ammunisie, wat vermoedelik uit die Anglo-Boereoorlog dateer, word op sowat R7 miljoen geskat.

Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, sê die werkers het die ammunisie Dinsdag in kratte naby Malay Camp ontdek en die polisie ontbied. ’n Span bestaande uit lede van die plaaslike kriminele rekordsentrum, springstofeenheid, K9-eenheid en speurders is na die toneel. Die span het Vrydag met die hulp van militêre personeel, teruggekeer om die ammunisie veilig te verwyder. Die rondtes is as .303-ammunisie geïdentifiseer. Die omliggende gebied is intussen veilig verklaar, terwyl die omstandighede rondom die ontdekking verder ondersoek word.

Die polisie waarsku die publiek om nie verdagte ammunisie of plofstof te hanteer nie, maar dit onmiddellik by die polisie aan te meld.