Brekende Nuus
Nuus

5 verdagtes ná dubbele moord vasgetrek

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Vyf mans is in hegtenis geneem ná ’n dubbele moord in Militaryweg, Steenberg, waarna die polisie twee aanvalsgewere in beslag geneem het. Die twee slagoffers, onderskeidelik 23 en 37 jaar oud, is Dinsdag omstreeks 12:30 doodgeskiet.

Konst. Ndakhe Gwala, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het ná die skietery in ’n rooi Volkswagen Polo gevlug, wat tot ’n hoëspoedjaagtog gelei het. Die verdagtes het hul voertuig in Kirstenhof agtergelaat en daarna ’n wit Toyota RunX gekaap. Hulle is kort daarna vasgetrek, waarna die polisie tydens ’n deursoeking van die voertuig twee aanvalsgewere gevind het.

Die vyf verdagtes is 27, 28, 31, 32 en 40 jaar oud en word met bendes verbind. Hulle sal sodra hulle aangekla is na verwagting in die Wynberg-landdroshof verskyn.