Brekende Nuus
Nuus

Minstens 15 honde dood in brand, huise vernietig

Foto: Lawrencé Lee

Video in berig.

GAUTENG. – Drie gesinne op kleinhoewes in Andeon, wes van Pretoria, het alles in verwoestende brande verloor en het met net die klere aan hul lywe uit die vuur gekom. Twee huise is vernietig en minstens 15 honde het in die brande omgekom.

Emergency Support Team (EST) het die gebied besoek om die gesinne se dringendste behoeftes te bepaal en doen ’n beroep op die gemeenskap om met klere, skoene, kos en ander noodsaaklike items te help.Lawrencé Lee van die EST sê drie gesinne is geïdentifiseer wat hulp nodig het. Die behoeftes sluit klere en skoene vir kinders en volwassenes in, asook kos en ander basiese benodigdhede terwyl die gesinne hul lewens probeer herbou.

Mense wat wil help, kan Lawrencé Lee by 074 851 7365 kontak om skenkings te reël.