Brekende Nuus
Nuus

KYK: Kaapstad slaan toe teen onpadwaardige voertuie wat kinders vervoer

Foto: Skermgreep van video-opname Burgemeester Geordin Hill-Lewis

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad het beslag gelê op taxi’s en Toyota Avanza-voertuie wat kinders vervoer terwyl hulle oorlaai en onpadwaardig is. Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, sê die voertuie hou ‘n gevaar vir die lewens van kinders in gevaar en dat beamptes optree waar hulle dit aantref.

Hill-Lewis het op sosiale media gesê die Stad sal nie toelaat dat kinders se veiligheid deur onveilige skoolvervoer in gevaar gestel word nie. Die optrede fokus op voertuie wat nie padwaardig is nie of meer as die toegelate aantal passasiers vervoer. Ouers en voogde word gevra om seker te maak dat hul kinders se vervoer veilig is en dat die voertuie en bestuurders aan die toepaslike vereistes voldoen.