GAUTENG. – Vyf reistasse met 216 blokke kokaïen, wat sowat 250 kg weeg en ’n geraamde straatwaarde van meer as R200 miljoen het, is Sondag by die OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.
Brig. Athlenda Mathe, nasionale woordvoerder, sê die onderskepping is deur ’n multidissiplinêre span van die polisie, die inkomstediens se doeane-afdeling en die grensbestuursowerheid uitgevoer. Volgens die polisie is altesaam 116 dwelmmuile die afgelope 24 maande by dié lughawe in hegtenis geneem.
Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die span geprys.

Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: