MPUMALANGA. – ‘n Man (57) is vanoggend vroeg buite ‘n stemlokaal by Boikhutso in Bosbokrand doodgeskiet terwyl mense gewag het dat die stemtellery afgehandel word en die verkiesingsuitslae aangekondig word. Die skietvoorval het omstreeks 00:15 plaasgevind.
Twee onbekende mans het na bewering op ‘n groep mense buite die hek van die stemlokaal begin skiet voordat hulle op die vlug geslaan het. Die man is met verskeie skote in sy bolyf getref en deur ‘n familielid na ‘n hospitaal geneem, waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ‘n moordsaak ondersoek. Die motief vir die skietery is nog onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: