VRYSTAAT. – Die polisie het verlede Donderdag voor 10:00 die liggaam van ’n onbekende man in ’n vervalle gebou naby die plaas Wolwelaagte by Heuningspruit gevind. Die man was na raming tussen 30 en 45 jaar oud en het ’n groen-en-wit gholfhemp en ’n blou denimkortbroek gedra. Voertuigbandspore is buite die gebou aangetref.
Konst. Kelello Patsa, polisiewoordvoerder, sê die liggaam was reeds so ontbind dat die man nie op die toneel uitgeken kon word nie. Polisiebeamptes het geen sigbare beserings opgemerk nie. Speurders ondersoek die oorledene se dood. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen en ’n nadoodse ondersoek sal help om sy identiteit en doodsoorsaak vas te stel.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Chabalala, by 081 497 5338 bel.