KWAZULU-NATAL. – Vier mense is Maandagmiddag kort ná twaalfuur beseer toe ’n vragmotor wat bakstene vervoer het, by ’n skool in Wembley, Pietermaritzburg, buite beheer geraak en vyf geparkeerde voertuie getref het. Ouers en ander motoriste het daar gewag om kinders op te laai.
Volgens Mi7 National Group het paramedici vier mense met ligte tot matige beserings op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle na verskeie hospitale geneem is. Geen kinders is in die botsing beseer nie.


Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: