WES-KAAP. – Die Afrikaanse sangeres Anneli van Rooyen het twee hondjies by Oudtshoorn Dogs in Need (ODIN) aangeneem en sodoende ’n bydrae gelewer tot die organisasie se poging om diere in nood liefdevolle tuistes te gee.
ODIN het Van Rooyen op sy Facebookblad bedank vir haar besluit om die hondjies aan te neem en gesê die span is opgewonde oor hul nuwe tuiste. Hulle is oortuig dat die twee hondjies behoorlik bederf gaan word.
Die organisasie moedig die publiek aan om eerder diere aan te neem as om troeteldiere te koop en vra belangstellendes om sy Facebookblad dop te hou vir hondjies en katjies wat nuwe huise soek.
ODIN kan by 072 084 1374 gekontak word.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: