Brekende Nuus
Nuus

Verkragtingsaak teen Shadrack Sibiya tot Februarie uitgestel

Foto: Madlanga Kommissie

GAUTENG. – Die Randburg-landdroshof het Dinsdag die saak teen die voormalige adjunk- nasionale polisiekommissaris Shadrack Mongo Sibiya (59) tot 9 Februarie 2027 uitgestel. Die saak is uitgestel sodat die staat sy ondersoek kan afhandel. Sibiya staan op vyf aanklagte tereg, waaronder verkragting, mensehandel en die seksuele voorbereiding van ’n kind.

Kaizer Kganyago, NVG-woordvoerder, sê die staat beweer Sibiya het ’n 16-jarige kind deur elektroniese kommunikasie seksueel voorberei. Die verkragtingsaanklag hou verband met ’n beweerde voorval waarby ’n volwasse vrou betrokke was, terwyl die mensehandelaanklag op bewerings oor drie persone berus.

Volgens die NVG het die beweerde voorvalle tussen 16 Mei en 3 Augustus 2026 plaasgevind.