Brekende Nuus
Nuus

Demi Lee Moore deel kinderjare in musiekvideo vir ‘Hoekom Nie?’

Foto: Willem Botha

GAUTENG. – Die Afrikaanse sangeres Demi Lee Moore kyk in die musiekvideo vir haar nuwe country-enkelsnit, Hoekom Nie?, terug op haar pad as sangeres. Kyk en luister hier onder.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê Georic en Marco het die liedjie geskryf, met insette van Moore. Die video van Hoekom Nie? is by DeHarte in Pretoria verfilm en bevat beeldmateriaal van Moore waar sy as kind sing, wat nog nie voorheen vertoon is nie. Die kinderjare-opnames gee dié boodskap ’n persoonlike betekenis. 

Kykers sien hoe vroeg musiek reeds deel van Moore se lewe was, terwyl die video ook wys waar sy vandag as kunstenaar staan. Vir haar is Hoekom Nie? ’n terugblik op jare se werk en op wat dit beteken om aan te hou wanneer die pad moeilik raak. Sy hoop die liedjie moedig luisteraars aan om ook ’n kans te waag op iets wat vir hulle saak maak.

Van ’n jong meisie wat voor die kamera sing tot ’n kunstenaar met byna 20 jaar in die musiekbedryf, kyk Moore in dié musiekvideo vir haar nuwe country-enkelsnit, Hoekom Nie? terug op die pad wat sy as sangeres gestap het. Die enkelsnit se boodskap gaan oor die moed om kanse te waag en met jou drome vol te hou. Die liedjie vra wat kan gebeur as ’n mens die moed bymekaarskraap om vir iemand te sê hoe jy voel of om ’n droom na te jaag, selfs wanneer jy onseker is oor wat voorlê. Die country-klank is deur haar treffer Hartbreek geïnspireer.

Hoekom Nie? kan hier op alle stromingsplatforms gekry word.