GAUTENG. – Die kragtoevoer na die binnelandse terminaal van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe is herstel nadat ’n kragonderbreking vroeër vanoggend lang toue veroorsaak het. Die lughawe het bevestig dat bedrywighede na normaal teruggekeer het.
Ofentse Dijoe, woordvoerder van die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (Acsa), het vroeër gesê ’n tegniese fout by substasie 9 het inboek-toonbanke, veiligheidskontrolepunte en instaphekke geraak. Acsa het tydens die onderbreking noodmaatreëls ingestel en reisigers gevra om vroeër op te daag. Die lughawe het passasiers vir hul geduld bedank en om verskoning vir die ongerief gevra.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: