Reis en oefening, wat jy alles behoort te weet

Lees ook :

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdag die nuwe regulasies ingevolge reisvakansies, oefentye en verblyf bekendgemaak.

Jy mag tussen 06:00 en 18:00 oefen, maar in groepe van nie meer as vier mense nie. Gimnasiums bly steeds gesluit, buiten geriewe wat vir professionele atlete vir oefening gebruik word.

Jy mag nog nie met vakansie gaan nie. Reis vir ontspanningsdoeleindes word nog nie toegelaat nie.

Verblyf is oop, maar akkommodasie-instellings wat nie formeel geakkrediteer is nie, soos private huise vir betaalde ontspanningsverblyf bly steeds gesluit. Verblyf is net oop vir sakereisigers, sê Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme.

Strande en parke bly gesluit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief