Curriebeker skop binnekort af

Lees ook :

Die verwagting is dat vanjaar se Premierliga Curriebeker-kompetisie aan die einde van die maand gaan afskop.


Die ses toetsunies, Tagellager Griekwas en die Pumas, sal in ‘n dubbel rondte teen mekaar sake uitspook.


Die kenners voorspel dat ondanks die ontwrigting weens die Covid-19-pandemie vanjaar se kompetisie uiters mededingend gaan wees.
Alle spanne sal op vol sterkte wees en daar sal geen ander kompetisie op dieselfde tyd plaas vind nie.


SA rugby het reeds hul voorlegging ingevolge die Covid-19-bepaling aan die regering gedoen. Daar word verwag dat die regering eersdaags die goedkeuring sal gee.


Die bepalings en voorwaardes sal dan bekend gemaak word. Die wedstryde sal tot aan einde van November aangebied word.

Waarskynlik sal wedstryd sonder toeskouers plaasvind. Ondersteuners sal egter nie uitmis nie, alle wedstryde sal televisiedekking geniet.


Griekwas se gekontrakteerde spelers het reeds verlede maand aangemeld om vir die nuwe seisoen voor te berei. Die onder 20-liga sal hopelik ook nog aangebied word. Klubrugby en ander ligas is egter afgestel vir die jaar.

  • Henry Hopley

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief