Aanvallers wat boer met strykyster brand, gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Richard Langeveld (36) en Sam Mahlangu (31) is deur die Griekwastad-streekhof elkeen tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle wyle mnr. Combrink (66) van Bloubospoortplaas en sy werkers aangerand en hom met ‘n strykyster gebrand het.

Mojalefa Senokoatsane sê die twee is skuldig en gevonnis vir roof met verswarende omstandighede.

Die twee beskuldigdes het op 18 Maart 2020 saam met nog vier makkers die Combrink-plaas betree en die boer en sy twee werkers aangerand. Combrink het erge brandwonde aan sy bolyf en bene opgedoen. Die aanvallers het met Combrink se voertuig van die toneel gevlug. Geen ander waardevolle items is gesteel nie en Combrink se voertuig is later teruggevind.

Mahlangu is in hegtenis geneem terwyl hy verhoorafwagtend op ‘n ander saak in ‘n Gauteng-tronk was. Sy vingerafdrukke het hom aan die aanval op Bloubospoortplaas gekoppel. Langeveld, ‘n voormalige werker van Combrink, is op ‘n ander plaas, waar hy gewerk het, gearresteer. Tydens die verhoor is onthul Langeveld het drie vorige veroordelings, wat roof insluit.

Joseph Ramothepane, die staatsaanklaer, het ter verswaring vir maksimum vonnis gevra. Beide die veroordeeldes is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief