NOORD-KAAP. – Die Kimberley-polisie is op soek na twee persone van belang wat hulle met ‘n ondersoek oor ‘n roof, wat op 16 Oktober in Herlear plaasgevind het, kan help.
Sers. Timothy Sam sê voorlopige ondersoek dui aan twee verdagtes het voorgegee om ‘n woonstel van die klaer te huur, waarna hy met ‘n vuurwapen gedreig en van waardevolle besittings beroof is.
Identikits is opgestel van die manspersone wat die polisie glo hulle met die ondersoek kan help.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur. AO Daddy Moshotloa by 082 668 7127 te bel.





