ActionSA het klagtes by die openbare beskermer en die parlement se etiekkomitee ingedien oor bewerings dat senior DA-lede moontlik bykomende betalings van hul party ontvang het.
Lerato Ngobeni, ActionSA se hoofsweep in die parlement, sê die Grondwet verbied die lede van die uitvoerende gesag om enige ander betaalde werk te doen. Sy sê inligting uit ’n interne verslag dui daarop dat John Steenhuisen, die minister van landbou, en Ashor Saupen, die adjunkminister van finansies, glo ekstra betalings ontvang het vir werk binne die party. ActionSA meen indien dit waar is, kom dit daarop neer dat die betrokke lede twee keer betalings ontvang het, deur die staat en deur hul party.
Daar is ook kommer omdat hierdie beweerde betaling nie in die register vir ledebelange verklaar is nie, wat verdere vrae oor deursigtigheid en aanspreeklikheid laat ontstaan.
Druk hier om meer te lees.





