Adele kondig onbepaalde breek van musiek aan

Lees ook :

Foto: Gareth Cattermole

LOS ANGELES. –  Die 36-jarige sangeres, Adele, het by haar laaste vertoning gesê sy tree al vir amper drie jaar aaneen op en is nou gereed om haar lewe te leef.

“Ek het die laaste sewe jaar ‘n nuwe lewe vir myself gebou, en nou wil ek dit lewe,” het sy deur trane gesê. “Ek gaan julle baie mis.”

Adele het verduidelik dat dit die finale vertoning van haar toer moes wees, maar dat sy nog 10 optredes in Las Vegas het. Daarna sal aanhangers haar vir ‘n baie lang tyd nie sien nie.

Sy het ook beklemtoon dat hierdie tydperk van aaneen optredes die langste ooit was en dat sy waarskynlik nooit weer so ‘n besige skedule sal hê nie.

Adele se optrede by Caesars Colosseum in Las Vegas sal tot 23 November duur. Wanneer sy daarna weer musiek gaan maak of optree, is onbekend.

Die afgelope drie jaar het Adele getoer met haar album 30, wat bekende treffers soos I Drink Wine en Hold On insluit. Dié album is in 2021 ná ‘n ses jaar lange verposing vrygestel.

Gedurende hierdie tyd het sy ook liefde gevind met die Amerikaanse sportagent Rich Paul. Hulle het in 2021 begin uitgaan, en daar word bespiegel dat hulle dalk binnekort gaan trou.

Adele het haar planne gedeel om ná haar vertonings ‘n gesin saam met Paul te begin. Sy het gesê dat sy ‘n dogter wil hê.

Bronne: The Independant, Daily Mail, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief