GAUTENG. – Die matriekmeisies van Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria het gisteraand die uitnodings na die afsluiting van hulle skoolloopbane ontvang. Boonop het is aan elke meisie ‘n unieke ring gegee wat hulle skoolloopbaan simboliseer.
“Die matriekjaar is nie net ‘n eindpunt nie – dit is die hoogtepunt van vyf jaar se groei, vriendskappe en herinneringe. Elke mylpaal bring hulle ‘n tree nader aan die einde van hul skoolreis, en elke oomblik word nog net ‘n bietjie kosbaarder.
Gisteraand is nóg so ‘n besondere herinnering geskep toe die uitnodigings vir die matriekafskeid uitgedeel is. Saam daarmee het elke matriekmeisie haar spesiale geskenk ontvang – ‘n unieke ring, ontwerp net vir húlle. ‘n Ring wat hul reis simboliseer: van ‘n jong fabel in graad 8 tot ‘n legende in matriek.
Die foto’s sê alles. Hierdie matrieks straal met trots, selfvertroue en vreugde – presies soos die legendes wat hulle geword het.” – Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria Facebook-blad




Foto’s: Natalie Goetsch




