Afgedankte NSFAS-hoof gaan na arbeidshof

Lees ook :

Afgedankte NSFAS-hoof gaan na arbeidshof
Afgedankte NSFAS-hoof gaan na arbeidshof fotokrediet: Canva

Lees ook: De Aar-hospitaal moet versterk word

BRAAMFONTEIN. – Die voormalige uitvoerende hoof van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS), Andile Nongogo, het ’n dringende hofaansoek teen die fonds gebring na hy verlede week afgedank is.

Nongogo het na die arbeidshof in Braamfontein gegaan om sy werk terug te kry. Hy het gesê hy is afgedank sonder ’n dissiplinêre proses en dis waarom hy sy afdanking wil laat omkeer.

Volgens hom is sy afdanking ‘n oortreding van sy kontrak en hy wil sy werk terughê.

NSFAS het Nongogo verlede afgedank met onmiddellike effek op grond van ’n oortreding van beleid en vertroue.

Nongogo was glo betrokke by beweerde bedrog, korrupsie en onwettige tenderhandel.

Bronne: IOL, Sunday World, News24

Lees ook: De Aar-hospitaal moet versterk word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief